SA is op die verkeerde pad – 74% van respondente

Sowat 74 persent van Suid-Afrikaners meen die land is op die verkeerde koers. Dit is volgens ‘n meningspeiling onder twee-duisend geregistreerde kiesers deur die politieke dinkskrum, Rivonia Circle. Die meerderheid van die respondente meen werkloosheid is die grootste knelpunt. Die opname het ook bevind dat geen politieke party in die volgende verkiesing meer as 50 persent van die stemme behoort te kry nie. Volgens die meningspeiling lê die ANC se steun by 41 persent, teenoor die 57,5 persent wat die party in 2019 behaal het. Terwyl die ANC volgens die meningspeiling steun sal verloor, is daar geen ander party wat noemenswaardig meer steun het onder kiesers nie.