Rekord-verdienste vir Kenia se avokado’s 

Kenia se uitvoere van avokado na China het 7 miljard sjielings, of te wel net meer as 1 miljard Namibiese dollar, in drie maande tot Oktober bereik, wat die verdienste oorskry wat in die eerste sewe maande van die jaar behaal is. Die land het tussen Januarie en Julie 6 miljard sjielings verdien. Benjamin Tito, hoof van die land se Tuinbou-direktoraat, sê Kenia het 1,7 miljoen kilogram avokado’s uitgevoer sedert dit toegelaat is om vars produkte vanjaar na die China te stuur. Kenia het in Augustus avokado’s na China begin uitvoer ná baie jare se wag, as gevolg van regulatoriese vereistes deur die owerhede in Beijing.