Rundu sukkel steeds voort, kan ook nie vullisverwydering doen nie

Die Rundu-dorpsraad sukkel steeds met waterdruk-uitdagings omdat die aanbod nie aan die vraag voldoen nie en die dorp groei. Verlede jaar het die Rundu-dorpsraad nuwe water-aansluitings in alle ongedienste gebiede van die dorp tydelik tot verdere kennisgewing opgeskort om watervoorsiening na verskeie woongebiede met lae waterdruk te bevorder. Benewens dat water opgeskort is, is hulle is deur NamWater op ‘n voorafbetaalde waterstelsel geplaas. Die uitvoerende hoof van die dorpsraad, Olavi Nathanael sê aan Kosmos 94.1 Nuus wat hul planne is. 

Die grootste uitdaging wat Rundu egter ervaar is afvalbestuur. Hulle is nie in staat om die dorp se afval te verwyder nie omdat die vragmotor die afgelope drie weke buite werking was.