Drankmisbruik dryf (weer) Copps-insidente aan

Insidente op die Copps 94.1-program is, soos gebruiklik, deur alkohol aangedryf. Drankmisbruik in Namibië wek reeds jare lank kommer by owerhede en die jongste navorsing, wat in 2019 uitgevoer is, toon dat hoër inkomste drank gebruik aanhits, maar, dat armer gemeenskappe meer geneig is om verslaaf te raak en buite beheer te drink. Daar word ook beaam dat daar een ekstra drankie per week gebruik word vir elke 20 persent toename in armoede in woonbuurte. Drankmisbruik word ook gekoppel aan die verergering van armoede en huishoudelike geweld. En dit is wat Francois Lottering en die Copps-span Vrydagaand weer ervaar het.