SA hoop om sy beleggingsteiken te bereik

Die Suid-Afrikaanse departement van handel, belegging en mededinging sê hy is vol vertroue dat die land sy beleggingsteiken, van 1,2 triljoen Suid-Afrikaanse rand wat in 2018, tydens die eerste van sy beleggings-konferensies, as teiken gestel is, sal bereik. Met 2023 se beleggings-konferensies wat volgende week plaasvind, kon die regering reeds meer as 1,1 triljoen rand se beleggings vir die plaaslike ekonomie verseker. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad deel meer…