SA hoop Delta-variant se verspreiding word gestuit

Met Suid-Afrika wat na ‘n aangepaste vlak 4 van inperking migreer het, word dit gehoop dat die verspeiding van die Delta-variant van die virus nou ietwat gestuit sal word. Van die grootste veranderinge aan die inperkings sluit in die verbod op die verkoop van drank en ook dat geen groot byeenkomste meer gehou mag word nie. Daar word geglo dat die Delta-variant verantwoordelik is vir die meerderheid van die meer as 15 000 nuwe Covid-infeksies wat in die land aangemeld is. Ons Kaapse korrespondent, Fritz Platt, is aan die woord.