Tshwane het nou meer as 24 000 aktiewe Covid-gevalle

Die stad Tshwane teken steeds weekliks beduidende toenames in die aantal Covid-19 gevalle aan. Die jongste Covid-19-verslag dui daarop dat die aktiewe gevalle nou ‘n rekordhoogtepunt van 24 669 bereik het. Die stad se woordvoerder, Sipho Stuurman, sê hierdie is nog ‘n eksponensiële weeklikse toename wat dui op die erns van die besmettings tydens die derde vlaag.