Namibiese damme saam 83,2% vol

Volgens die Namibiese dambulletin is Namibië se damme tans gesamentlik 83.2 persent vol. Die Von Bachdam se inhoud het een persent in ‘n week gedaal en is nou 67,1 persent vol. Die sentrale gebied se damme is gesamentlik tans 82,6 persent vol, terwyl Gobabis slegs 36,7 persent vol is. Die Suide se damme is gesamentlik 88,6 persent vol.