SA-hof vonnis verkragter tot 13 lewenslange vonnis plus 105 jaar

Die Hooggeregshof in Mpumalanga het die 40-jarige Sydwell Mlotshwa swaar gevonnis vir misdade wat tussen 2017 en 2018 in die provinsie gepleeg is. Hy is tot 13 keer lewenslange tronkstraf gevonnis asook ‘n bykomende 105 jaar vir verkragting, aanranding en roof. Die hof het beveel sy naam moet in die register van Nasionale Seksoortreders aangeteken word. ‘n Polisiewoordvoerder, Selvy Mohlala, sê Mlotshwa is in 2019 in hegtenis geneem nadat hy verbind is aan 27 moontlike sake: