SA het skoolombud dringend nodig

Build One South Africa doen ‘n beroep op President Cyril Ramaphosa om ‘n onafhanklike skoolinspektoraat te stig om toesig te hou oor die onderwysstelsel. Volgens die party is dit duidelik die gehalte van onderwys wat aan die oorgrote meerderheid gebied word, is nie op standaard nie. Die party se woordvoerder, Sbu Zondi, sê die ombudkantoor moet skoolstandaarde en onderwysers-uitnemendheid, insluitend klagtes, hanteer. Zondi raai Ramaphosa aan om die Nederlandse Inspektoraat van Onderwys se voorbeeld te volg, aangesien hulle suksesvol is en ‘n kritieke deel van hul onderwyssukses vorm.