Osoonlaag herstel stadig, maar merkbaar

‘n Verslag van die Verenigde Nasies dui aan dat die aarde se beskermende osoonlaag stadig, tog merkbaar, herstel. Volgens die verslag, wat by die American Meteorological Society se konvensie in Denver, VSA, aangebied is, behoort die osoonlaag oor Antarktika teen 2066 ten volle te herstel. Die sekretaris-generaal van die Wêreld Meteorologiese Organisasie, Petteri Taalas, sê in ‘n verklaring die sukses met die uitfasering van osoon-afbrekende chemikalieë dui op wat gedoen moet word om dringend weg te beweeg van fossielbrandstowwe en om kweekhuisgasse te verminder.