SA het reeds in 2020 status as vry van bek- en klouseer verloor

Limpopo se departement landbou en landelike ontwikkeling het byna 116 miljoen Suid-Afrikaanse rand opsy gesit vir veeartsenydienste om bek-en-klouseer in die provinsie te behandel. Die LUR, Nandi Ndalane, sê die uitbreking in dele van die provinsie het ‘n reuse-uitwerking op die ekonomie. Wallie Roux, ‘n Namibiese landbou-kenner sê die buurland het reeds sy status as bek- en klouseervrye land in 2020 verloor. Plaaslik meen hy is beheer uiters goed.