SA het kommer oor Indiese variant

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes sê Covid-19-toetse om positiewe gevalle onder reisigers uit Indië in Suid-Afrika en hul naaste kontakte te identifiseer, moet nou voorkeur aandag geniet. Dit volg nadat ‘n persoon wat uit Indië in Suid-Afrika aangekom het, positief vir Covid-19 getoets het. Verdere toetse moet nou bepaal of die persoon die Indiese variant onder lede het. Die persoon word tans in afsondering in ‘n hospitaal in KwaZulu-Natal behandel. Professor Adrian Puren van die instituut sê die mutasie van virusse is ‘n natuurlike verskynsel in die lewensiklus van enige virus.

Puren sê intussen verskeie faktore sal bepaal wanneer die derde vlaag Covid-19-infeksies Suid-Afrika tref: