Rooies agter tralies, verskyn weer 2 Junie

Volgens die Woordvoerder van die Teenkorrupsie-kommissie, Josephina Nghituwamata, is Walter ‘Rooies’ Mostert, borgtog in die Windhoek-landdroshof geweier en in aanhouding in die Windhoek Sentrale Korrektiewe Dienste. Hy verskyn weer op 2 Junie in die hof. Dié voormalige landdros van Gobabis staar klagte van korrupsie, bedrog, diefstal, afpersing, regsverydeling en die oortreding van immigrasiewetgewing in die gesig. Josephina Nghituwamata van die ACC vertel aan Kosmos 94.1 Nuus.