E-tol geskrap of nie?

Die Suid-Afrikaanse departement van vervoer het ‘n bewering deur die Gautengse LUR Jacob Mamabolo dat die omstrede e-tolstelsel moontlik geskrap gaan word, weerlê. Mambola het vanoggend gesê e-tol is iets van die verlede en daar kan nie van motoriste verwag word om vir die multi-miljard-stelsel te betaal nie. Die woordvoerder van die minister van vervoer, Ayanda Allie-Paine, sê Mamabola het die standpunt van die Gautengse regering gestel as ‘n manier om druk op die nasionale regering uit te oefen.