Namibië het slang-teengif

Namibiese slangnavorser, Francois Theart, sê Namibië het ‘n soortgelyke organisasie, Namibia Snakebite Interest Group, soos in Suid-Afrika. Die wêreldbekende herpetoloog Johan Marais het ‘n organisasie bekendgestel om slagoffers van slangbyte in Suider-Afrika te help. Marais sê die stigting vir die Afrika-slangbyt-instituut hoop op 25 teengif-banke regoor Suid-Afrika beskikbaar te stel. Hy sê die produkte is duur en daar is gewoonlik ‘n tekort daaraan, terwyl al die hospitale in Suider-Afrika ook nie voorraad aanhou nie. Theart sê in Namibië is slang-teengif by al die staatshospitale en sommige private hospitale beskikbaar. Navorsing word ook op sebraslange en hul gif gedoen.