Facebook modereer meer

Facebook sê hy maak vordering ten opsigte van sy deursigtigheid en aanspreeklikheid tydens modereringsprosesse op verskillende produkte en toepassings. ‘n Woordvoerder, Kojo Bokye, sê hul aanmeldingspogings is uitgebrei en sluit nou verdere monitering op Instagram rakende naaktheid en gewelddadige inhoud in. Hy sê ‘n onlangse geouditeerde verslag beklemtoon hoe die onderneming meer doeltreffend is met die toepassing van sy gemeenskapstandaarde. Facebook stel verder ‘n deursigtigheidsentrum bekend sodat inligting oor tendense rakende die handhawing van hierdie standaarde op ‘n enkele platform aangemeld kan word.