SA herstel na moeilike ekonomiese tyd – Ramaphosa
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika herstel na meer as ʼn dekade van statiese ekonomiese groei wat deur die Covid-19-pandemie vererger is. Ramaphosa sê die regering werk daaraan om die nalatenskap van die era van korrupsie en wanbestuur van staatsondernemings om te keer. Hy sê dié era het gelei tot die voortslepende energiekrisis en ondoeltreffende hawens en spoornetwerk. Hy voeg by die land het groot ekonomiese probleme: