SA handelskamer se politieke sekerheid is nodig vir werkbare ekonomie

Die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid sê politieke sekerheid is noodsaaklik in ‘n omgewing wat ongunstig geword het vir sakebedrywighede en ‘n werkbare ekonomie. Die ANC se sesde beleidskonferensie begin vandag by Nasrec in Johannesburg. Die Kamer het ‘n lys met tien dinge opgestel waaraan die regerende party dringend moet aandag gee by die konferensie. Dit sluit in dat meriete die deurslaggewende faktor in die staat moet wees, die beleid oor die ontwikkeling van minerale en petroleumhulpbronne, ekonomiese insluiting, diversiteit en billikheid, en ‘n doeltreffende strafregstelsel.