Powell gesels oor Sewes by Statebondspele

Die Springbok-sewes se afrigter, Neil Powell, sê die besondere aard van die Statebondspele gaan ‘n ander benadering en ingesteldheid van sy spelers vereis. Suid-Afrika speel vandag by die Coventry-stadion teen Maleisië en Tonga en môreoggend teen Skotland. Die kwarteindronde volg later môre. Powell sê dit is alles of niks, want daar is geen tweede kans nie en sy spelers sal van die eerste wedstryd af hulle sokkies moet optrek: