NLU sê rekordoes kom in

Die Namibiese Landbou-unie sê dat akkerbouers uitsien na ‘n uitsonderlike oes van wit mielies vir hierdie jaar. Na verwagting sal daar meer as 95 000 ton geoes word. Tussen 70 en 80 persent  van hierdie verwagte oes is al aan meulenaars gelewer. Oesvoorspellings was maar redelik onseker aan die begin van die reënseisoen, aangesien die reën laat begin val het, teenstrydig met die weervoorspellings wat op goeie neerslae vroeg in die seisoen gedui het. Volgens die NLU is dit nodig om al hoe meer mielies onder besproeiing te kry om die mielieoes meer stabiel te kry en gedurende die 2021-produksie seisoen was tot 50 persent van die totale witmielie-oes afkomstig van besproeiing. Namibië se jaarlikse behoefte is gemiddeld 200 000 ton. Om dus selfvoorsienend te kan wees, sal die gemiddelde jaarlikse produksie nog heelwat moet verhoog.