Noodtoestand vir Kalifornië goedgekeur

Amerikaanse President Joe Biden het ‘n noodtoestand goedgekeur vir die deelstaat, Kalifornië, wat die federale noodbestuursagentskap in staat stel om ramphulp-verlening te koördineer en noodhulpbronne te ontplooi. Dit volg op die voortslepende hewige storms wat reeds 12 lewens geëis het en derduisende mense en sake-ondernemings wat sonder elektrisiteit is. Vragmotors is deur rukwinde omgekeer, paaie en dorpe langs die noordelike kus is oorstroom en ‘n kaai in Santa Cruz is verwoes.