SA-geweld… dis faksies in ANC wat dit veroorsaak

‘n Politieke ontleder sê faksievorming in die ANC begin Suid-Afrika negatief beïnvloed deur die gewelddadige versetoptrede wat daarmee gepaard gaan. Betogers gaan voort om winkels te plunder en te verbrand en paaie met brandende bande te versper in KwaZulu-Natal en Gauteng. Die betogings het sedertdien versprei na Gqeberha in die Oos-Kaap. Die betogers eis dat oudpresident Jacob Zuma uit die tronk vrygelaat word. Ralph Mathekga sê dit is kommerwekkend dat ‘n krisis in die ANC gevolglik ‘n krisis in die land veroorsaak: