Conor is vir 6 weke op krukke

Die UFC-kampioen Conor McGregor sê hy gaan vir minstens ses weke op krukke wees voor hy kan terugkeer. Hy het ‘n video op sosiale media geplaas oor sy vordering nadat hy Saterdag sy been gebreek het tydens ‘n nie-titelgeveg teen Dustin Poirier in Las Vegas. McGregor het ‘n operasie van drie uur ondergaan om die been te heg. Hy is beseer teen die einde van die eerste ronde.