SA-gevangenes word van vandag af geënt

Terwyl inentings in gevangenisse regoor Namibië weer hervat sal word met nuwe voorraad wat aangekom het, sal die Suid-Afrikaanse minister van Korrektiewe Dienste, Ronald Lamola, saam met die waarnemende minister van Gesondheid, Mmaoloko Kubayi, vandag die Covid-19-inentingsveldtog van Korrektiewe Dienste in Johannesburg van stapel stuur. Inenting vir die meerderheid van die amptenare van Korrektiewe Dienste het verlede week begin. ‘n Departementele woordvoerder, Chrispin Phiri, sê die inenting van gevangenes begin vandag by 90 goedgekeurde sentrums van Korrektiewe Dienste in die land: