Oshana-polisie genoodsaak om maatreëls af te dwing

Die Oshana-polisie het operasie Hokanam van stapel gestuur om die aandklokreël af te dwing. Volgens die streek se hoof van operasies, adjunk-kommissaris Ottilie Kashupulwa, kom lede van die publiek nie die aandklokreël na nie en strate is steeds baie besig na nege-uur saans. Patrollies word nou uitgevoer en oortreders word gearresteer. Die minister van justisie Yvonne Dausab het onlangs die publiek daaraan herinner dat oortreding van die maatreëls tot ‘n kriminele rekord kan lei. Die Oshana-streek wek die afgelope tyd kommer onder owerhede omdat Covid-gevalle daar en ook in Kavango Oos skerp toeneem.