SA gesondheidsminister op spesiale verlof

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het sy gesondheidsminister Zweli Mkhize, op spesiale verlof geplaas. ‘n Storm broei oor die minister en sy betrokkenheid by die onreëlmatige toekenning van ‘n multi-miljoen Namibiese dollar kontrak aan Digital Vibes. Die maatskappy behoort aan Mkhize se gewese woordvoerder en persoonlike assistent. Opposisiepartye het druk op die president geplaas om teen Mkhize op te tree. Die ANC se nasionale werkskomitee het intussen ‘n vroeëre besluit van Mkhize verwelkom dat hy voor die party se integriteitskommissie sal verskyn. Die adjunk-sekretaris-generaal, Jessie Duarte, sê die party gaan voort met pogings om bedrog en korrupsie in sy strukture uit te roei.