Kongolees wéér vas met dwelms

‘n Vermeende Kongolese dwelmhandelaar is vanoggend op Swakopmund glo met 27 kilogram dagga ter waarde van 1,3 miljoen Namibiese dollar in hegtenis geneem. Hy sal Donderdag in die hof verskyn, het die Namibiese polisie se nasionale woordvoerder, adjunk-kommissaris Kauna Shiwkambi gesê. Die 31-jarige verdagte het ‘n hangende dwelmklag teen hom toe hy in 2019 in Mondesa met een gram kokaïenpoeier vasgetrek is. Hy moes weer op 12 Julie op dié klag in die hof verskyn het.