Wes-Kaap wag vir groot besending entstowwe

Die Wes-Kaapse regering sê dit hoop om teen die einde van die week ‘n groot besending Covid-entstowwe te ontvang, wat gebruik sal word om so gou moontlik die provinsie se onderwysers teen die virus in te ent. Premier Alan Winde sê dit is belangrik dat opvoeders, wat daagliks met kinders uit verskillende gemeenskappe werk, so vinnig moontlik ingeënt word om hulle teen ernstige siekte te beskerm. Ons Kaapse korrespondent, Fritz Platt, is aan die woord.