Gemiddeld 230 nuwe kinderkankergevalle per jaar in Namibië

Gemiddeld vier tot vyf kinders word weekliks in Namibië kinderkanker gediagnoseer met leukemie die mees algemene vorm van kanker. Dit is volgens die uitvoerende hoof van die Kankervereniging van Namibië, Rolf Hansen. Internasionale Kinderkankerdag word jaarliks op 15 Februarie herdenk met die nasionale “Spray-a-Thon”. Hansen sê tans is daar gemiddeld 230 nuwe kinderkankergevalle per jaar.