SA Weermaglede vas oor voertuigsmokkelsindikaat by Beitbrug

Ses lede van die Suid-Afrikaanse weermag verskyn na verwagting vandag in die hof in Musina, Limpopo. Hulle is aangekeer nadat hulle na bewering toegelaat het dat gesteelde voertuie oor die grens met Zimbabwe beweeg. Die soldate, wat van 2017 tot 2019 by die Beitbrug-grenspos gestasioneer was, het glo ‘n voertuigdiefstalsindikaat gehelp en 15 000 Namibiese dollar per voertuig ontvang. Die Valke sê hulle is onderskeidelik opgespoor in Noordwes, die Vrystaat en die Noord-Kaap.