SA gaan ook in Namibië sy vryheid vier

Die Suid-Afrikaanse Hoë Kommissariaat in Namibië het planne aangekondig om Saterdag 30 jaar van vryheid en demokrasie te herdenk. Vierings sal reeds môre begin, onder die tema, die Bevordering van Groei. Die Suid-Afrikaanse Hoë Kommissaris in Namibië, Thenjiwe Mtinsto, sê die inisiatief is daarop gemik om gedeelde geskiedenis en vennootskap, solidariteit, en ubuntu te vier en pan-Afrika-eenheid tussen die twee lande te versterk.