Gautengse derby in halfeind van T20-uitdaagkompetisie

Krieket: Die eerste halfeindstryd van Krieket Suid-Afrika se T20-uitdaagkompetisie word vanaand op die Wanderers in Johannesburg gespeel. Die Leeus het bo-aan die punteleer geëindig en is gasheer vir die Titans in ‘n Gautengse derby. Die span van Pretoria het hul laaste wedstryd gewen om in die vierde plek te eindig, en ingesluip by die uitklop-rondes. Die Titans se kaptein, Neil Brand, voorspel ‘n naelbytstryd teen hul bure.