PDM herbevestig sy stryd teen GBV

Die Popular Democratic Movement, PDM, het sy verbintenis herbevestig om te verseker dat vroue veilig, gerespekteer en gewaardeer word in ‘n samelewing wat deur geslagsgebaseerde geweld geteister word. Die PDM Vroueliga se waarnemende sekretaris-generaal, Christine Izaacks, sê in ‘n verklaring die party werk hard om te verhoed dat Namibië ‘n skuiling word vir diegene wat geweld teen vroue pleeg. Sy sê die ondersoek en vervolging van oortreders moet NamPol se top-prioriteit wees om te verseker dat slagoffers en hul families geregtigheid kry. Alle belanghebbendes wat tot maatskaplike welsyn verplig is, sowel as die sakegemeenskap, moet saamwerk in ‘n gekoördineerde poging om hierdie probleem op te los.