SA gaan gebuk onder renosterstropery

Alhoewel renosterstropery regoor Afrika ‘n beduidende afname tydens die streng Covid-inperkingstydperk gesien het, was daar weer onlangs ‘n kommerwekkende toename in gevalle van stropery. Met Covid-inperkings wat geleidelik oor die afgelope twee jaar verslap is, het owerhede ‘n drastiese toename begin sien in die hoeveelheid renosters wat gestroop word met Suid-Afrika se renosterbevolking wat veral oor die afgelope jaar, swaar getref is. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt.