Napha hou opname oor gemiddelde trofeejagpryse

Die kantoor van die Professionele Jagtersvereniging van Namibië, Napha, kry dikwels versoeke oor die gemiddelde pryse wat vir trofeejag gevra word. In reaksie hierop het Napha ‘n opname vir die gemiddelde trofeejagpryse by vanjaar se algemene jaarvergadering gehou. Vir ‘n meer akkurate oorsig oor die verskillende heffings, word Napha-lede aanmoedig om die opname in te vul en na Napha te stuur. Om ‘n olifant te jag, gaan jou 30 000 Amerikaanse dollar uit die sak jaag en ‘n luiperd-jagtog van sowat twee weke kos onder meer 14 400 euro of 7 875 Amerikaanse dollar.