SA gaan dalk nie die gryslys-spertyd haal

Dit is onwaarskynlik dat Suid-Afrika die gryslys-spertyd sal kan haal. Die Finansiële Intelligensie-sentrum het die parlement gemaan oor die dringendheid van voldoening aan die spertyd van Februarie, nadat belanghebbende partye gekla het oor die tyd wat hulle gegun is om insette te lewer. Die land kan op ‘n gryslys geplaas word weens onvoldoende wette om geldwassery en die finansiering van terrorisme teen te werk. Wetgewing wat dit ten doel het, is eers in Augustus voorgelê. Die tesourie moet die internasionale geldwassery-waghond, FATF, volgende maand inlig oor vordering.