Produksie by Indiese farmaseutiese fabriek gestaak

Die owerhede in Indië het produksie gestaak by ‘n fabriek van Maiden Pharmaceuticals nadat ‘n  verslag van die Wêreldgesondheidsorganisasie uitgewys het vier van die maatskappy se medisynes kan verbind word met die dood van 69 kinders in Gambië. Die organisasie het ‘n mediese verslag-waarskuwing uitgereik dat die produkte aan die mark onttrek moet word. ‘n Voorlopige ondersoek deur die polisie in Gambië sê die kinders is dood aan akute nierskade wat verbind word met die medisyne wat in Indië vervaardig en deur ‘n Amerikaanse maatskappy ingevoer is.