Eskom: Fase 2-beurtkrag Vrydag afgeskaal

Eskom het aangekondig fase 2-beurtkrag duur vandag en môre voort, van vier-uur die middag tot middernag. Beurtkrag sal Vrydag afgeskaal word na fase 1 en van 4 uur die namiddag tot middernag geld. Die woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê Eskom sal poog om beurtkrag tot snags te beperk om die ekonomie so min as moontlik te skaad.