SA en VN Menseregteraad repatrieer DRK-vlugtelinge

Die Suid-Afrikaanse departement van binnelandse sake het ‘n vennootskap met die Menseregteraad van die Verenigde Nasies aangegaan oor die vrywillige repatriasie van 49 vlugtelinge van die Demokratiese Republiek van die Kongo. Die vlugtelinge sal terugkeer na Kinshasa en die stad Lubumbashi, wat as veilige plekke beskou word vir vlugtelinge om na terug te keer. Volgens ‘n woordvoerder, Magda Kucharek, is dit die eerste groep van ongeveer 400 vlugtelinge wat wil terugkeer na die DRK: