Niemand glo Rusland dat hy operasie afskaal nie

Oekraïnse en Westerse amptenare waarsku dat Moskou steeds ‘n militêre bedreiging inhou ten spyte van positiewe tekens tydens gister se vredesamesprekings in Turkye. Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky, het na die tyd gesê die aanvanklike positiewe tekens het nie die ontploffings van Russiese bomme in sy land uitgedoof nie. Daar word berig Europese en Amerikaanse amptenare het Kiëf gewaarsku om op sy hoede te bly en sê Rusland kan slegs aan sy dade beoordeel word en nie aan sy woorde nie.