SA en Lesotho sluit ooreenkoms vir versterking van plaaslike regeringsektor

Die Suid-Afrikaanse minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, het ‘n ooreenkoms met haar eweknie in Lesotho, Moshe Leoma, onderteken ingevolge waarvan die twee lande sal saamwerk om die plaaslike regeringsektor te versterk. Dlamini-Zuma sê Suid-Afrika gaan Lesotho help om sommige van sy wette in werking te stel, insluitend die nuwe Wet op Plaaslike Regering. Die minister sê die ooreenkoms gaan fokus op die de-sentralisasie van plaaslike regering en uitruilprogramme vir munisipaliteite.