Hangala: Ongwediva Handelskou belangrike vir Noorde-ekonomie

Die Ongwediva-handelskou is terug na twee jaar en begin môre. Die skou, sekerlik die grootste handels-ekspo in die land, is uiters belangrik vir besighede, veral in die Noorde. Dr. Leake Hangala, ‘n deurwinterde sakeman in die land, sê die skou speel ‘n baie groot rol in die ekonomie van die verre noordelike dele.