Meisie gesels met ruimtevaarder met haar pa se amateur-radio

‘n Jong meisie van Engeland was in die sewende hemel toe sy ‘n gesprek met ‘n ruimtevaarder gevoer het deur middel van haar pa se ou amateur-Hamradio. Die agtjarige Isabella Payne se pa, Matthew, het haar een aand wakker gemaak nadat hy kontak gemaak het met ‘n Amerikaanse ruimtevaarder aan boord van die Internasionale Ruimtestasie. Kjell Lindgren het op Twitter gesê hulle gesprek was waarskynlik die beste kontak wat hy ooit gehad het. Isabella deel haar pa se passie vir die ruimte en radio, en die twee kyk saam na elke lansering van ruimtetuie en ruimtewandeling.