SA elektrisiteitskrisis skep geleenthede

Die Suid-Afrikaanse energiekenner, Chris Yelland, sê die land se elektrisiteitskrisis het baie geleenthede in die energie-sektor geskep. Hy moedig Suid-Afrikaners aan om die bedryf te verken om te help om die bestaande kwessies oor die finansiële, bedryfs- en omgewingsvolhoubaarheid wat die sektor n die gesig staar, te pak. Yelland sê die bedryf is nou oopgestel vir nuwe idees om die voortslepende kragonderbrekings aan te spreek.