Nobelprys-wenner se verhoor begin in Belarus

Een van die ontvangers van verlede jaar se Nobelprys vir Vrede, die Belarus Ales Bialiatski, en twee mede-aangeklaagdes se verhoor weens bewerings van belating-oortredings vind vandeesweek in Minsk plaas. Bialiatski, die stigter van die menseregtegroep Viasna, het die Nobelprys ontvang vir sy toewyding aan die bevordering van demokrasie. Hy het die prys egter nie self in ontvangs geneem nie, omdat hy sedert Julie saam met twee mede-aktiviste in aanhouding is weens beweerde belasting-oortredings en hulp aan groepe wat openbare-orde-oortredings begaan het. Bialiatski is geruime tyd al ‘n kopseer vir die regering van Belarus. Die drie kan vir tot 12 jaar tronk toe gestuur word indien hulle skuldig bevind word.