Steenkamp gee oorsig oor onderwyserstekort in Namibië

Die Namibiese onderwysministerie het gereageer op die Suid-Afrikaanse departement van basiese onderwys gegee wat sê daar is geen kommer oor ‘n moontlike tekort aan onderwysers in die komende jare nie. Die departement het sy reaksie gegee op onlangse navorsing van die Universiteit van Stellenbosch se Eenheid vir Navorsing oor Sosio-ekonomiese Beleid. Dit toon 49 persent van die onderwysers in diens van die departement is 50 jaar en ouer en sal in die volgende dekade aftree. Die woordvoerder van die departement, Elijah Mhlanga, sê daar is ‘n ooraanbod van nuwe onderwysers. Volgens hom is maatreëls reeds in plek om voorsiening te maak vir die verouderende werksmag. Die uitvoerende direkteur in die Namibiese onderwysministerie, Sanet Steenkamp, gee haar reaksie oor hoe groot die plaaslike onderwyserstekort is, veral in landelike gebiede.