SA-ekonomie onderpresteer reeds jare lank

Die Suid-Afrikaanse minister van finansies, Enoch Godongwana, het erken Suid-Afrika se ekonomie onderpresteer reeds vir jare. Hy het vandag sy mediumtermyn-begrotingsbeleids-rede gelewer. Godongwana het beklemtoon verskeie strukturele beperkings wat lank reeds ekonomiese groei inperk, sal voortgaan om dit te doen. Hy het onbetroubare kragvoorsiening as een van die groot uitdagings genoem: