Iran plaas EU-amptenare, organisasies op swartlys

Die Iranse regering het 12 amptenare van die Europese Unie en agt organisasies op die swartlys geplaas vir opsetlike optrede ter ondersteuning van terrorisme. Volgens Iran se ministerie van Buitelandse Sake word die individue op die swartlys ook daarvan beskuldig dat hulle terreur aanhits en geweld en haat versprei, sowel as die skending van Iranse menseregte. Die sanksies volg op  die weke lange betogings wat verlede maand uitgebreek het ná die dood van ‘n jong vrou in aanhouding. Die sanksies behels ‘n visum-verbod en beslaglegging op enige bates in Iran.