Kus se beurt om oor dranklisensies, beleggingsreëls, verbruikers te leer

Die Namibiese ministerie van handel brei sy uitreikprogram oor verbruikersbeskerming, die nakoming van dranklisensie-wetgewing en die beleggingswetgewing môre uit aan die kus. Die ministerie het onlangs ‘n inligtingsveldtog in die verband van stapel gestuur, soos sy woordvoerder Elijah Mukobonda verduidelik.